Dankie aan al die RSG-mense wat in hierdie aweregse, deurmekaar, vreemde jaar die stasie aan die gang gehou het met inhoud, vrolikheid en toewyding.

Beste Luisteraar

Dit is algemene kennis dat die openbare uitsaaier, die SAUK, geldelike probleme het. Dit word in die jaarverslag genoem en is ook op verskeie openbare en parlementêre platforms bespreek. 

Die SAUK se groot salarisrekening is een van die grootste bydraende faktore. Alle afdelings van die SAUK moes dus terugsny op begrotings vir die nuwe finansiële jaar, wat 1 April 2021 begin het.

RSG is in die bevoorregte posisie dat ons met deeglike beplanning ons besnoeiing tot die minimum kon beperk. RSG se uitgawes het nog nooit die jaarlikse begroting oorskry nie; daar is versigtig omgegaan met uitgawes, daar was geen ongemagtigde of vrugtelose uitgawes nie en geen vermorsing van geld nie.

RSG se salarisrekening is ook al vir jare ver onder die internasionaal aanvaarde standaard vir salarisrekening-uitgawes. Verder het RSG al jare lank eie stasie-inisiatiewe om alternatiewe inkomste te vorder. Dit word gedoen deur bv inkomste-deling kontrakte met ander buite-instansies en boeke en CDs wat van program-inhoud gemaak en verkoop word. Die alternatiewe inkomste van bv Januarie tot Maart vanjaar, is hier by die R400 000.00; ‘n klein bedrag, maar dit lewer ‘n bydrae tot die groter inkomste-prentjie van RSG.

Verder is RSG se webtuiste rsg.co.za die mees besoekte webtuiste van alle radiostasies binne die SAUK, en die tweede meeste binne die hele SAUK, met slegs SABC News wat eerste is. So die digitale kommersiële inkomste-geleenthede wat  RSG bied, is baie sterk.

Maar RSG is nie ‘n eiland nie, ons is deel van die groter SAUK en het dus ‘n plig om ook te help om die SAUK weer op ‘n gesonder voet geplaas te kry deur ons deel te doen. Een van hierdie stappe was om die reeds ge-outomatiseerde deurnaguitsendings met slegs ‘n uur te verleng tot 06:00 soggens. Die besparing wat ons hiermee teweeg bring, is die omroepersfooie van weeksoggende 05:00 – 08:00 (die vroegoggend-omroepers het aan diens gebly tot 08:00, want hulle was ook die nuuslesers) en naweke se fooi van 05:00-06:00. Geen van die betrokke omroepers het egter hul werk verloor nie en hulle word nou by ander skofte ingespan. Die ander verandering aan die skedule, was om die drie geestelike gedagtes per dag te verminder na twee per dag. Dit bring ook ‘n besparing mee, sonder om die geestelike gedagtes heeltemal weg te neem.

Ek hoop hierdie prentjie van jou stasie RSG maak jou opnuut trots om ‘n luisteraar te wees van ‘n suksesverhaal; een met enorme uitdagings, maar wat ons in jou beste belang probeer bestuur. Ook ‘n stasie met ‘n blink toekoms.

Baie groete

Magdaleen en die RSG-span

Morgenster
Dit is 2040 en Suid-Afrika is onherkenbaar. ‘n Distopie. Die post-pandemie regering beheer die land met ‘n diktatorshand. Mure is gebou om die rykes en die armes te skei. In die armsalige Morgenster, is die inwoners desperaat en moedeloos. Luister vanaand om 20:00 na dié drama deur Philip Nolte. Dit is die wenner van die derde prys in die 2020 RSG Sanlam radiodrama-skryfkompetisie.
Lees meer.

Sterreën
Sterrereën, geskryf deur Hendie Grobbelaar, het die tweede prys in die RSG/SANLAM Radiodrama-skryfkompetisie  vir 2020 ingepalm. Luister Donderdag 22 April om 20:00  na die studente-liefdesverhaal vol komiese oomblikke. ‘n Studente-jol, ‘n pratende kat en daggarokerye kan dinge op ‘n snaakse noot deurmekaar krap.
Lees meer.

Sonduiker
RSG se middagstorie deur Anton Treurnich is vol intriges, asemrowende bestemmings en aksiebelaaide avonture. Dit neem spanningsvolle wendings met smokkeldiamante en waaghalsige reddingspogings. Luister elke weeksmiddag om 14:45.
Lees meer.

Luister weer

Wil jy weer na een van dié programme luister. Klik net op die skakels.

Landbou
Wat behels die verantwoordelike gebruik van antibiotika by diere? Paul Maré van Viljoenskroon vertel van hulle 21ste produksieveiling. Ons gesels met een van die wenners van die 2020 MPO Rentmeesterskapstoekennings.
Lees meer.

Regsake
Hoe beskerm die POPI-wetgewing jou persoonlike inligting? Igna Klynsmith bespreek ‘n hofsaak oor ‘n houer wat in ‘n winkel op ‘n vrou geval het. Daar is raad as jy self jou huis wil verkoop, en ‘n bietjie humor uit die regswêreld.
Lees meer.

Leefstyl
Keto-diëte bring gewigsverlies teen astronomiese metaboliese skade, maan ‘n gerekende endokrinoloog. Maar wat is ketone? Hoe vorm dit in die liggaam.
Lees meer.

Gesondheid
Die skielike onttrekking van die J&J vaksien in Amerika en Suid-Afrika, skep opnuut verwarring. Hoe groot is die risiko van stolselvorming? Wat nou?

Lees meer.

Groeipyne
Hoe beïnvloed hoe ek met my kind praat, sy selfvertroue en sy vermoë om die lewe om hom te ontdek?Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundiges oor hoe om kinders se selfbeeld en selfwaarde te bou.
Lees meer.

Wie is ek?
Aansprake op sosiale media verskyn soos, Is my kind ‘n psigopaat? en Maak jy jou kind as ‘n psigopaat groot? het ons besluit om ondersoek in te stel oor hoe maklik of moeilik ouers hulle kinders in psigopate kan verander.

Lees meer.

Hoe verklaar jy dit?
Hoe gevaarlik is radiogolwe vir voëls wat so rustig in selfoontorings sit en broei? Hoe het olifante wat hul ontstaan in Afrika het, in Indië beland? Hoekom verskil die lesing op jou badkamerskaal as dit op matjie of harde oppervlak staan?

Sterre en Planete
Hoe word die aktiwiteit van die son gemeet? Is die voorspellings waar dat die son se lae akiwiteit ongewone koue gaan beteken. Daar word gepraat oor die Internasionale Donker lug-week en wat dit beteken.

Lees meer.

Geestesgesondheid
Christelle Webb-Joubert praat met sanger en aktrise Amanda Strydom, oor haar uitdaging met bipolêre gemoedsversteuring.
Lees meer.

My Mooi Dorp
In dié episode brei verder ons uit oor die eerste stappe om samewerking tussen die gemeenskappe en hulle munisipaliteite te bewerkstellig.
Lees meer.

KITSSKAKELS
RSG programme en skedules:

ARTIKELS Lees die artikels met potgooi skakels
KIEKIES
Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE
Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
 

Kopiereg © 2021 The Good Docs (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.
Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer